Die plot is 8km gelee buite Bloemhof op die Schweizer pad. 21HA met 2 toegeruste boorgatte, om-en-by 5 000lt saam. Baie groot ruim huis met aangeboude dubbel garage met elektriese deur. Die huis beslaan 410m2 en bestaan uit:
* 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer en 2 ander kamers het ingeboude kaste
* 3 en n half badkamers en buite toilet vir bediendes (1 badkamer is nog nie voltooi nie). Die een badkamer is en-suite aan die hoofslaapkamer met n bad, stort, toilet en 2 wasbakke.
* Oop plan kombuis, sit en eetkamer. As die huis voltooi sou word sou ons n ekstra kamer van die TV-kamer gemaak het en die kombuis as waskamer ingerig het.
* 100m2 groot oop vertrek wat nie voltooi is nie met lieflike kaggel. Die idee is om die kombuis, sitkamer, eetkamer, binne braai en n kroeg hier in te bou. Alle bouwerk en dak is voltooi, moet slegs teel, verf, kaste en ander interior gedoen word. Houtvloere aan die een kant en word reeds as TV kamer gebruik.
* Vertrek bo wat as ekstra kamer of kantoor gebruik kan word met balkon.
* Hoofslaapkamer en huidige "TV, Eetkamer kombuis" het aircons.
* Groot stoep by voordeur.
* Drie kamers insluitend die hoofslaapkamer en sy badkamer het "hokke" voor die vensters vir veiligheid. Al die ander vensters het normal diefwering.
* 200W, 100W en 50W LED ligte om die huis en hoe paal met ligte op vir ekstra veiligheid.
Die huis buite, binne en die dak kort verf.
Die plot het geen binne drade nie. Dele van die plot is al gedelf deur "oumens" met primitiewe toerusting en stories word vertel van n 103ct en 96ct wat op die plot uitgehaal is. Ek is ook bewus van n 8ct, 6ct en vele kleiner stene van goeie gehalte wat hier uitgekom het.
Eskom krag
Daar is n 9m x 9m groente tonnel.
Die huis het 2 elektriese geysers en 2 x 100lt songeysers wat gekoppel is op die 150lt elektriese geyser by die hoofslaapkamer.
Die tuin het besproeiing in wat dmv n pomp werk uit n dam agter die huis pomp. Die dam hou so om-en-by 50.