Kamer beskikbaar in huis in Judith Road, naby aan Botaniese Tuine.
Kombuis, sitkamer en badkamers is gemeenskaplik. Parkering beskikbaar in die voortuin.
Mense en diere:
Jy gaan die huis deel met twee aangename Engelse ouens ('n IT besigheidseienaar en 'n nagraadse student wat beide rustig is) asook twee Huskies. Indien jy 'n troeteldier het wat oor die weg kom met die honde, is dit onderhandelbaar.
Ekstra uitgawes:
Die volgende uitgawes word maandeliks verdeel tussen die inwoners: Optiese vesel internet, bediende en tuinjong elke tweede Saterdag, huishoudelike middels soos bv skottelgoedseep, en Water & Elektrisiteit. Altesaam werk dit nie meer uit as 'n maksimum van R1000 per maand.
'n Deposito is ononderhandelbaar.
Bonus: Ingesluit by die huur is 'n buite stoorkamertjie!