Paulandi is geleë op erf 1016 Buffelpaadjie, uitbreiding 5, Leeupoort Vakansiedorp, sowat 500 m van die natuurreservaat se hoofingang en 400 m van die sonsondergang-uitkykpunt.
Hierdie selfsorg vakansiehuis met 4 slaapplekke bestaan uit:
1 hoofslaapkamer met dubbelbed en ‘n 9000 BTU lugversorging.
Volledige badkamer (bad, stort, wasbak en toilet).
Leefarea met twee slaapbanke en ‘n 24 000 BTU lugversorging.
Oopplan-kombuis, ten volle toegerus en het ‘n ysmasjien.
‘n TV met die volle DSTV paket.
'n 3m X 7m Houtdek wat toeganklik is deur die leefarea of slaapkamer.
Toegeruste Braaigeriewe en boma.
TARIEWE
Besoek gerus ons aanlyn besprekingskalender by http://www.paulandi.co.za/afrikaans/bespreek met beskikbare datums en tariewe per nag vir die huis wat 4 persone slaap. Die rooi datums is reeds bespreek en die groen datums is bekikbaar.
Buiteseisoen 2017
Middel van die week (Maandag – Donderdag) teen R500 per nag.
Naweek (Vrydag – Sondag) R600 per nag– minimum 2 nagte.
Bespreek 7 nagte of meer teen R500 per nag vir die huis, naweek ingesluit.
Binneseisoen 2017 - Langnaweke en skoolvakansies
Middel van die week (Maandag – Donderdag) teen R600 per nag.
Naweek (Vrydag – Sondag) R700 per nag – minimum 2 nagte.
Bespreek 7 nagte of meer teen R600 per nag vir die huis, naweek ingesluit.
Die adminfooi per bespreking beloop R250.
Paulandi bied lafenis en rustigheid vir die siel in Bosveldparadys. Dis geleë in malariavrye Leeupoort Vakansiedorp, in die Thabazimbi-distrik, Limpopo, op die R516, sowat 58 km vanaf Thabazimbi en 72 km vanaf Bela-Bela.
Paulandi is ’n selfsorg vakansiehuis waarin 4 mense kan slaap, in ’n natuurreservaat, omring deur die Waterberge. Die reservaat is die tuiste van 50 soorte soogdiere, 170 soorte voëls en 114 boomspesies. Die wild loop in die strate en wei tussen die huise. Hier bestaan ’n besonderse band wat deur die jare tussen mens en dier gesmee is.
Daar is heelwat wandelpaadjies wat kronkel deur ’n wye verskeidenheid inheemse bome. Besoekers het van 07:00 – 18:00 vry toegang tot die 823 ha natuurreservaat waar hulle kan stap, draf, fietsry of motorry. Daar is kameelperde, wildebeeste, ’n verskeidenheid boksoorte en ander wild te sien.