Die ruim huis beskik oor 2 slaapkamers met 2 badkamers waarvan die 1 ensuite is. Die 2 slaapkamers het ingeboude kaste. Beide badkamers is oorgedoen met 'n moderne styl. Die huis het ‘n ingangsportaal, groot oopplan tv/sitkamer leefarea. Kombuis is ruim met ‘n opwas wat aansluit by opwaskamer. Om elektrisiteit so laag as moontlik te hou en deeglik te monitor deur die huurder is pre-paid, ‘n nuwe Solar geyser en Gasplate geinstalleer. Daar is 2 veilige onderdak parkerings agter palisades. Die huis is baie goed beveilig met diewering en aluminiumraam vensters.