Beskikbaar 1 Augustus. Netjiese ruim 158 v/m Meenthuis in Westside Terrace. Goeie ligging in kompleks, baie privaat, omheinde erf met mooi tuin, groot geplaveide agterplaas. 3 Slaapkamer eenheid verander in twee slaapkamers, dus is alles groter. Baie ingeboude kaste. Twee vol badkamers, een met 'n stort. Ruim sit/eetkamer met oopplan kombuis en opwas area. Baie groot dubbel toesluit motorhuis.Plek vir automatiese wasmasjien met wasbakke byderhand. Alle vensters en deure het vol diefwering. Ruim spasie voor motorhuise vir besoeker parkering. Klinker afwerking buite en vol geteel binne. Binne loopafstand vanaf 'n paar skole, baie sentraal en op bus.