Spog 10Ha plot te Mamogaleskraal, Brits, Noord-Wes.

4200000 R

Hierdie plot is geleë op die baie suksesvolle Hartebeespoort dam besproeiings skema. Intensiewe boerdery word hier toegepas. Hierdie grond het/besit BAIE, BAIE vlak ondergrondse water sowel as inlysting uit die Hartebeespoort dam. Hierdie plot is uiters geskik vir hoenderhokke, tonnels of voerkraal. Die plot het/besit een van die beste infrastruktuur in die area. ’n Teer pad loop tot voor die huis/plot.
1 x Groot Hoof huis bestaan uit:
- 3 x ruim slaapkamers (2 x en-suite)
- 3 x volledige badkamers
- 1 x aparte sitkamer waaruit ’n studeerkamer, sowel as ’n kroeg/entertainment area uitlei. Die kroeg is uit sleepers gebou, het ’n jaccuzi en sauna. Die kroeg lei uit in ’n grasdak-lapa met ingeboude braai area, wat uitlei na ’n swembad sowel as ’n plaveide boma met ronde braai area en volledige badkamer
- 1 x groot oopplan sitkamer met kaggel wat uitlei na groot moderne kombuis
- 1 x groot kombuis met addisionele koolstoof met ’n aparte
- 1 x opwas area
- 1 x spens
- 1 x opwas area vir wasmasjien en droëer wat onderdak uit kombuis lei
- 1 x oop stoep wat uit die sitkamer lei wat uitkyk op ’n pragtige boomryke area met groot grasperke
- 3 x motorhuise wat aan die kant van die hoof huis geleë is
1 x Privaat woonstel omhein met sementmuur en eie ingang met groot bome
1 x Woonstel perfek vir bejaardes
1 x Woonstel (Langs groot stoor)
600m ² Store met afdakke
1 x 180m ² half toegeboude stoor
1. 1 x 180m ² Toegeboude stoor met arbeiders woonstel agteraan
(Hierdie stoor was voorheen ’n melkkamer, maar nou is dit ’n slaghuis met groot lusern stoor)
Beskik ook oor ’n koelkamer (Kort kompressor eenheid)
2 x Arbeidershuise
14. 2 x Lande (4.2Ha en 5.2Ha)
- 1 x 4.2Ha land met gronddam met sluis. Hierdie land bestaan uit 42 000m ²
- Kitsgras (kikoejoe) maak die som, goeie inkomste
- 1 x 5.2Ha land met eie water sluis
15. Water:
- 2 x Boorgate (1 toegerus) al die lande kan uit boorgate besproei word, nie eers die groot droogte het ’n effek op die boorgate gehad nie
- 1 x Boorgat is toegerus wat water aan geboue voorsien met vloeistof meter en drukpomp
- 3.5Ha inlysting uit die Hartebeespoort Besproeiingsskema
16. Toerusting:
- Plot kom saam met genoeg implemente en 1 x trekker om grond te bewerk (Volledige lys beskikbaar op aanvraag)
- 30 x Sprinkel- en kaalpype
- 3 Fase Eskom krag
Bogenoemde plot het alreeds baie goeie inkomste uit verhuring met baie potensiaal. Plot word uit ’n VAT geregistreerde besigheid verkoop dus geen oordrag-koste op ’n lopende saak as in ’n VAT na VAT transaksie is nie.
Die infrastruktuur is baie goed gebou en netjies. Die rede vir die verkoop van bogenoemde plot is omdat die eienaar aftree. Alles ingesluit soos genoem vir R4.2 miljoen. Geen kommissie, koop direk by eienaar.
Vir vêrdere inligting skakel eienaar op 072-253.

Location: Gauteng - Pretoria
Added on 8 years ago and expires on 13 August, Ad id: 126654          135 visits